"Ouderdom is nie net verval nie: dit is die rypwording,

die swelling van die vars lewe binne, wat die dop laat verwelk en bars"

George Macdonald

HOOPSTAD SENTRUM VIR BEJAARDES

Hoopstad Sentrum vir Bejaardes bied uitstekende geriewe en dienste vir bejaardes in `n pragtige plattelandse dorpie. Ons bied `n veilige hawe vir ons bejaarde inwoners met pragtige tuine en twee diere kampe waar daar heerlik onder die bome gekuier kan word en na die sonsondergang gekyk word.

Hoopstad se boeregemeenskap is baie betrokke by ons bejaarde inwoners en die program wat deur die jaar aangebied word belowe om baie pret te besorg.


Die dorp is aanvanklik Hauptstad genoem na die dorp se landmeter, 'n mnr Haupt. Met 'n bietjie vertaling in Afrikaans het die dorp sy hedendaagse naam Hoopstad aangeneem. 

AKKOMMODASIE

DIENSTE

Hoopstad Sentrum vir Bejaardes het die volgende dienste beskikbaar:

  • Heerlike gekookte maaltye elke middag
  • Siekeboeg geniet drie heerlike etes per dag
  • Tuindienste
  • 24 uur versorging en beskikbaarheid van opgeleide verpleegkundiges asook versorgers
  • Gespesialiseerde Demensie Eenheid met Arbeidsterapeut
  • Medikasie hantering en toediening soos deur die dokter voorgeskryf
  • Wasgoed word een keer per week gewas
  • Siekeboeg kamers word daagliks skoongemaak asook wasgoed word daagliks gewas
  • Noodknoppie en interkomstelsel vir veiligheid
  • Direkte kerkuitsending van die NG Kerk Hoopstad op Sondae en spesiale dae
  • Weeklikse Biduur wat by die Tehuis deur die predikante aangebied word
  • Aktiwiteitsprogram uitgewerk deur Arbeidsterapeut vir woonstel inwoners
  • Haarsalon besikbaar
  • Biblioteek op die perseel
  • Brei en Hekel groepie
  • Voetekliniek wat aangebied word elke 2 maande
  • Weeklikse inkopies word gedoen vir inwoners of inwoners kan saamry dorp toe om eie inkopies te doen
parallax background